George F. Kennan

George F. Kennan in 1947

George Frost Kennan (Milwaukee, Wisconsin) 16 Februarie 1904 - Princeton, New Jersey, 17 Maart 2005) was 'n Amerikaanse diplomaat en historikus. Hy het dekades vir die Amerikaanse Ministerie van Buitelandse Sake (State Department) gewerk. As beleidsbeplanner ten opsigte van buitelandse sake het hy gedurende die 1940's en 1950's 'n doktrine ontwikkel om die Sowjetunie “in te perk", en word hy dikwels beskou as die "argitek" van die Koue Oorlog. Sy oom was die ontdekkingsreisiger en skrywer George Kennan.


© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search